Maak vir jou ‘n koppie koffie en kry jou Bybel. Ons gaan diep lering doen en daar is ‘n spesiale program/verrassing vir die vrou elke maand. Jy is ‘n dogter van Sion en jy verdien die beste!
Venessa Holtzhausen het deur Israel Bible Centre, Biblical Hebrew en Biblical Studies gestudeer en studeer nog verder.
Sy het ook deur eTeacher Group (Israel Institute of Biblical Studies, University of Jerusalem), Biblical Hebrew, Exploring the Biblical Land of Israel, The Jewish Background of the New Testament en Discovering the Hebrew Bible gedoen. Sy het ook Ancient Hebrew deur Jeff Benner gedoen, buiten haar studies in Suid-Afrika. Sy is ‘n kranige student van die Woord en gee ook klas. Sy bedien inter-denominaal en glo aan die opbouing van die Liggaam van Christus.