Ons program fokus op ‘n leefwyse saam met Jesus en in besonder soos gesien vanuit die Evangelies.
Dit gaan oor die lewe en werk van Jesus in ons alledaagse lewe.
Ons lewe draai nie om wense om elke dag saam met Jesus te loop nie, maar ‘n lewende realiteit. Hy verskaf aan ons die antwoorde op ons alledaagse vrae. Jesus se lewe in ons laat ons lewe toe om te verander om meer soos Hy te wees.
Hierdie program wil jou op ‘n praktiese manier bystaan om op ‘n verskeidenheid manière in kontak te bly met Jesus. Die Woord maak hierdie geheimenis van Jesus se dade en woorde vir ons oop.