Tharin Malan

My naam is Tharin Malan, en waaroor ek op die program gesels is oor die afgehandelde werk van Jesus Christus aan die kruis, vir elkeen om te aanvaar en dan te ervaar. Die Evangelie is die boodskap oor wat God vir ons in Christus bereik het, tot redding vir elkeen wat dit glo, n boodskap…

Dogters van Sion – Venessa Holtzhausen

Maak vir jou ‘n koppie koffie en kry jou Bybel. Ons gaan diep lering doen en daar is ‘n spesiale program/verrassing vir die vrou elke maand. Jy is ‘n dogter van Sion en jy verdien die beste! Venessa Holtzhausen het deur Israel Bible Centre, Biblical Hebrew en Biblical Studies gestudeer en studeer nog verder. Sy het…

Elke dag met Jesus – Past Leon Crause

Ons program fokus op ‘n leefwyse saam met Jesus en in besonder soos gesien vanuit die Evangelies. Dit gaan oor die lewe en werk van Jesus in ons alledaagse lewe. Ons lewe draai nie om wense om elke dag saam met Jesus te loop nie, maar ‘n lewende realiteit. Hy verskaf aan ons die antwoorde…

Soos in ‘n Spieël – Francoise du Toit

Meer as tweeduisend jaar gelede word die tydlose gesprek, wat van die begin af Godself is, vlees, in menswees! Jesus is die die inhoud en konteks van die oorspronklike gedagte! Als wat God ooit vir elke mens wou sê word in Hom verklank. Hy is die moedertaal wat God praat! Sy Naam verklaar Sy missie…

Geopende Deure

God se Universiteit is ’n program wat fokus op die organisasie Geopende Deure se bediening om hulp en ondersteuning aan vervolgde Christene regoor die wêreld te bied. Die aanbieder, Morné Ras, vertel meer oor sy ervarings met die vervolgde Kerk in talle lande wêreldwyd. Sy hartroerende verhale oor hoe vervolgde Christene sterk staan vir hul…

Vertoonvenster

Vertoonvenster op Kruiskyk verskaf opleiding aan kinderbedienaars en vrywilligers. Die program help gemeentes verbeter in moderne kerkmusiek, memmorisering van Bybelverse, storievertelling en vele meer. Ons kuier elke week by iemand anders om  kykers aan ‘n wye verskeidenheid van bedieninge blood te stel. Die program word aangebied deur Erich Posthumus van die Goeie Nuus Fabriek.