LEWE MET ‘N REDE
Lewe met Rede saai reeds vanaf Oktober 2008 op Kruiskyk uit. Ons was bevoorreg om van die eerste uitsaaiers op Kruiskyk te wees.
Visie van Lewe met ‘n Rede:
Die begeleiding van mense tot die besef, ontwikkeling en gefokusde uitleef van God se Rede vir hul Lewe.
Missie van Lewe met ‘n Rede:
Deur die gebruik van die media word persone toegerus, gemotiveer en begelei om Koninkryksgerig te leef. Om in gehoorsaamheid God te volg waar Hy hulle lei, sodat Sy Naam verheerlik word en hulle ‘n verskil in die wêreld te maak.
Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers … Genesis 1:26