GELOOFSBELYDENIS

Kruiskyk onderskryf die volgende geloofsbelydenis en verbind homself daartoe in alle uitsendings:

  • Ons glo in die drie-enige God – een wese, maar drie persone – Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Ons glo dat God die Vader, die Skepper en Onderhouer van die heelal is.
  • Ons glo dat Jesus Christus die Seun van God is, verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria; Hy   het gely en gesterf aan die kruis, is uit die dood opgewek met ‘n verheerlikte liggaam en het opgevaar na die hemel. Hy sit aan die regterhand van die Vader van waar Hy weer sal terugkom om Sy kinders te kom haal.
  • Ons glo in die Persoon van die Heilige Gees, die vervulling met die Gees en die gawes van die Gees.
  • Ons glo in die Bybel as die geïnspireerde Woord van God.
  • Ons bely dat die mens weens die sondeval van nature ‘n sondaar is en sonder bekering en wedergeboorte God nie sal sien nie.
  • Ons glo dat wedergeboorte deur die Heilige Gees teweeggebring word waardeur mense ook deel word van die familie van God hier op aarde. Ons glo dat saligheid en die Ewige Lewe deur God aan mense geskenk word alleenlik deur geloof in Jesus Cristus.
  • Ons bely dat die Kerk van Jesus Christus in verskillende gestaltes hier op aarde bestaan.
  • Ons glo dat Kruiskyk ‘n instrument in Sy hand is om Sy koninkryk op aarde te bou.

Bankbesonderhede:

Kruiskyk Uitbreidingsfonds
First National Bank
Branch: 250655
Account number: 622 22 3383 70

Kruiskyk Familie Sentrum Donasie

R250.00 incl VAT

Kontak Besonderhede

📞 021 201 6468

📲 072 890 6634 Sms & Whatsapp lyn

📧stephanie@kruiskyk.tv

Gebedsversoek

[contact-form-7 id=”65454″ title=”Kruiskyk Familie Sentrum Gebedsversoek”]