Nuus Artikels

Vir meeste mense is hierdie die tyd van die jaar waarna almal uitsien. Sommiges ervaar dit as ‘n tyd van vreugde en liefde terwyl ander, hierdie tyd van die jaar ervaar as ‘n somber en eensame tyd. Feesvieringe van vakansie en saamwees is aan die orde van die dag en sou ons totaal eerlik wees, is dit die tyd van die jaar wanneer die media mense aandryf om geld uit te gee wat andersins nie uitgegee sou wees nie.
Terwyl daar oor Desember maand fees gevier gaan word vir verskeie redes, kan ek nie help om te wonder nie…
Meneer, Mevrou, vier jy nog jouself ?
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe mag hê” – Johannes 3:16
Jesus het ELKE MENS sὁ lief gehad, day Hy mens kom word het, met die individu in gedagte. Liefde het hom gedryf. Sy liefde vir u…
Het u, uself nog lief ?

Wanneer ons Koning Jesus die ondenkbare prys betaal deur Sy lewe af te staan vir ons, hoe kan ons dan anders as om seker te maak dat hierdie “aardse voertuig” van ons, nie na gekyk word nie ? Dit is hierdie tyd van die jaar wat mense funksioneer op hulle laaste bietjie energie, totaal en al gedaan na ‘n harde jaar van alles gee vir oorlewing. Dit is so. Die lewe het ‘n manier om ‘n mens se energie te tap. Hoe laat ons onsself hierdie punt bereik van uitputting ?
Vandag se boodskap is ‘n herinnering daaraan dat ons, onsself met liefde moet en mag hanteer. Hoe anders deel ‘n mens van jouself aan jou medemens, wanneer daar van jouself niks is nie ?
Hê jouself lief ! Vandaar is die vertrekpunt om liefde aan jou medemens te toon.

Vier Jesus ! Deur jouself lief te hê, wys ons aan ander die rigting na Hom toe !
Vanuit die Kruiskyk Bedieninge en Kantoor wens ons u elkeen en u geliefdes ‘n Geseënde Feesgety !
Jesus in alles, eerste !

Clemens & Stephanie Mans