Amper ’n Tiener Vir Seuns (Sagteband)

R149.99 incl VAT

Description

Deur: Peter Larson

Jou seun is amper ’n tiener. Wat dink hy regtig van meisies, skool en God, of sy toekoms? Omdat seuns, en veral tienerseuns, nie die beste kommunikeerders is nie, is dit nie so maklik om te weet nie, of hoe? Hoe moet ouers met hulle seuns praat oor die dinge wat werklik belangrik is vir die seun?
Amper ’n tiener (vir seuns) is die ideale hulpmiddel propvol wyse raad vir ouers. Dit gee prettige, goed deurdagte vrae en gesprekspunte wat tot natuurlike, betekenisvolle gesprekke tussen ouers en seuns sal lei.
Dit sluit onderwerpe in soos:

• Fisieke en emosionele veranderinge waardeur hy gaan
• Hoe om rein te bly in ’n samelewing wat so seksbehep voorkom
• Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik

Amper ’n tiener (vir seuns) is ’n praktiese gids tot ouer-seun-gesprekke om hulle voor te berei vir die onstuimige tienerjare. Dit sal ouers help om hulle seuns te bemoedig in hulle geloof, te gesels oor uitdagings by die skool en met vriende, en vir hom te wys hoe geliefd hy is in sy onstuimige tienerjare.

Spesifikasie

  1. Kategorie:Gesin & Ouerskap
  2. Grote:140 x 216 mm
  3. Outeur:Other,Peter Larson
  4. Hoeveelheid Bladsye :176 pp
  5. Taal:Afrikaans
  6. Formaat :Paperback
  7. Uitgewer:Christelike Uitgewersmaatskappy

Additional information

Weight 149.99 kg