My naam is Tharin Malan, en waaroor ek op die program gesels is oor die afgehandelde werk van Jesus Christus aan die kruis, vir elkeen om te aanvaar en dan te ervaar.
Die Evangelie is die boodskap oor wat God vir ons in Christus bereik het, tot redding vir elkeen wat dit glo, n boodskap van Sy Geregtigheid wat nou myne is.
Om hiervan te hoor, bring geloof, en vorm die fondasie waarop elke Christen gelowige se geloof behoort te staan, nl nie my werke vir God nie, maar Sy werk vir my.